![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
HOOFSTUK 20:
Verneder jouself:
My ma’t my geleer
mens bid nie dat God jou moet nederig maak nie, jy beklee jouself met
nederigheid. As jy bid daarvoor dan hoor die Here en die beantwoording
van die gebed is, … wel een of ander vernederende ervaring… en dis nie
lekker nie. Ek het dit in my studentejare beleef. Ek was jonk en
voortvarend, maar toe my hart aangeskakel kom vir God, lees ek eendag
‘God haat hoogmoed’.
Op die
regte tyd sal Hy jou verhoog Op pad na Ermelo luister ons RSG. Elvis Blue is Amoré se gas op Tjailatyd. Een van die 2 cd’s wat ons op Bela-Bela geskenk gekry het by Tobie en Mara van die padkafee, was van Jan Hooggendyk, uitgegee in 2009, voordat hy Idols gewen het. Dis ‘n gospel cd van liedjies wat Jan self geskryf het. Sy nederige hart en hoe hy homself voor God se voete in oorgawe verneder is opvallend. Ironies genoeg is dit juis Jan se lied ‘Stil’ wat gespeel het oppad na die Spar in Letsitele, waar ek gekonfronteer is met my eie hoogmoed.
Stil As ek stil by U voete kom kniel Enkel gebroke siel U genees wat breek Wanneer ek by U voete kniel
Met ‘n hart wat hard wil juig U die Een wat hoor Wanneer ek by U voete kom buig
Dankie dankie aan die Een Wat my omring Nie ‘n duisend woorde spreek hoe ek voel oor U
Want my offers is so min U die Een wat gee Al die offers wat ek bring
As ek skaam by U voete kom val En my sondes my inhaal U kom bring die lig Wanneer ek voor U voete kom val
|