![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
Hoofstuk 26 Moenie op jou eie insigte staatmaak nie
“Reprieve” - a death sentence has been cancelled Dis eers die Saterdagaand toe ek saam met my broer hul huissel se ‘Hour of Power’-biduur bywoon wat die wow! van die daarwees deurbreek. Wat daai aand gebeur het was so goed soos ‘n doodsvonnis wat gekanselleer is. Wat my betref kan dit die hoogtepunt van die jaar wees. Ek is oorweldig oor die saamwerk van omstandighede, tydsberekening en God se grote grote genade. ‘Continue straight’
Getuie van genade Nou sit ek met ‘n nuwe probleem. My getuienisse van genade laat my lyk soos ‘n witbroodjie. Hoe nou gemaak? Ek ervaar myself effe gedemp. Ek wil nie mense jaloers maak nie. Ek weet daar is baie met groter stories as wat ek het, maar nou in my kringe…begin ek lyk soos ‘n witbroodjie en dit laat ander in swaar omstandighede voel hulle is nie ‘uitverkies’ nie. Ek voel nederig en broos. Ek dink aan die liedjie wat ek as klein dogtertjie leer sing het en oor en oor gesing het omdat die wysie so mooi was:
Who was willing to lay down her life and to do His will no matter what the price I am singing for the deaf man, who can hear about salvation through my song And I’m singing for the blind man, who can see the light in me and come along Now I know it’s not that I’m the only one who can sing this melody
But He’s chosen me, to bless me and to lead me into what is best for me. Live for Jesus That’s what matters And when other houses crumble mine is strong Live for Jesus That’s what matters that you see the light in me and come along Wat maak my so spesiaal? God se woord is regtig dinamiet, dis nou as jy ‘n dader daarvan is en nie ‘n vergeetagtige hoorder nie. Die doen van Romeine 5:17 nl. om Sy oorvloedige genade en die gawe van geregtigheid te ontvang, maak van mens ‘n witbroodjie, glo ek. “As ten gevolge van die misdaad van een, die dood heers deur die sonde, soveel te meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en die gawe van geregtigheid ontvang, heers in hierdie węreld deur Jesus Christus”. Kan jy ontvang? Ek het ‘n vriend wat my stories lees en dan mismoedig word, omdat hy nie God so ervaar nie en dink dan hy doen iets verkeerd. Waar ek nou in my lewe is weet ek, dat ek weet, dat ek weet, ek is niks en Hy is alles. Staan bakhand en skep diep van die fontein van lewe. Hemelse Vader
Ek kom net dankie sę vir ‘n onvergeetlike ervaring saam met U. Ja, U het toe deurgekom en voorsien wat ons nodig het wanneer ons dit nodig gehad het, soos U belowe het. U het my waarlik vrygemaak van al my vrese. Ek het net die basiese aardse besittings, maar voel ryk. Gevul met kennis van hoe U werk en herhinneringe wat ons gesin se geloof bly bou. Ek ruil dit vir niks en niemand kan dit van my wegvat nie. Ek weet nie wat nou voorlę nie, maar ek bekommer my nie, want ek is toegerus met ‘n wete dat U my nooit sal begewe of verlaat nie. Vul my met die Heilige Gees om ‘n kragtige getuie van U genade te bly. In Jesus Naam, Amen. |