Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
Christo van Lill,
ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van
www.sadogood.co.za
werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

|
HOOFSTUK 15:
Daar is
‘n vriend wat nader is as ‘n broer…
Wat
‘n vreugde as so iemand deel is van jou lewe. Ek bid dit toe vir my
kinders en dit is wat ons hier
in Gauteng kom beleef het. Van die
begin af was die hele toer gemik om Augustus in Gauteng te wees om saam
te val met die vriende se Augustus skoolvakansie. Soveel ruimhartige
gasvryheid maak mens nederig. Jy moet al geleer het om te ontvang -
slaapplek, kos, aandag, wat ookal die behoefte. Vir iemand wat nie graag
iets verniet ontvang nie bly dit ‘n bewustelike besluit om myself toe te
laat om soveel volgehoue gasvryheid te ontvang.
 
Marius en Maritjie Agenbag
Wynand en André de Kock
Voorsiening wat jy nodig het wanneer jy dit nodig het…
Die einde van Augustus 2012 breek aan. Ons moet aanskuif en ek sien
Riaan is nie haastig om te vertrek nie. Ek het al geleer om nie te weet
wat more inhou nie, maar ek raak nou namens my gashere effens ongeduldig.
Die skoolkwartaal het vir hulle alweer begin en die verpligtinge wat
daarmee saamgaan. Ons kon nie dadelik ‘n diens vir die Hyundai bussie
kry nie en moes dus wag tot die eerste Dinsdag in September 2012.
Daarmee saam besluit die manne om die Daniël mannekonferensie in
Morelettapark Gemeente te gaan bywoon. “Jy is Myne” – Jesaja 43:1.
Nou
moet ons rêrig gaan. Ons reel ‘n afskeidsbraai om al die vriende te
groet die Sondagmiddag voor ons vertrek. Intussen het Riaan laat weet sy
volgende trippie Kaap toe vir die Regskool is oor ‘n week. Die regskool
verpligting (so 2 dae per kwartaal) was ‘n lekker kontantvloei
inspuiting en dus het ons besluit om dit in stand te hou vir die jaar.
Die probleem is net ons moet nou Gauteng verlaat en hy moet oor 1 week
terug wees om van O.R Tambo af te vlieg. Rustig soos altyd maak ons
planne om die Maandag te vertrek, nie seker waarheen en nie seker hoe
nou gemaak met die vliegery nie. Die Saterdagmiddag kry ons ‘n sms van
ons vriende se kerkleiers
wat aanbied dat ons 2 weke in hul
huis kan bly en hondjies versorg terwyl hul met vakansie is. Hulle het
niks van ons planne geweet nie! Ons aanvaar met vreugde en spandeer 2
weke op ‘n privaat wildplaas. Ons gaan stap 2 keer per dag met die honde
en geniet die wildediere. Riaan doen sy ding en ons is veilig en rustig
om eksamen te begin. Die huis is heerlik ingerig en elke kind het sy eie
werkstasie in die boonste vlak van die huis wat ideaal is vir die
eksamen.
Greta
Wiid
Met die ekstra tyd tot ons beskikking kan ons toe Lisa se droom laat
waar word om Greta Wiid se Worthy Women Conference by Moreletta Park by
te woon. Dis hier waar ‘n heeltemal nuwe ervaring op my wag. 5300 vroue
in een gebou saamgetrek is ‘n gesig. Jy staan tou vir alles. Ek het al
Greta beleef en het haar baie geniet en weet dat die media nie die regte
prentjie van haar skets nie, maar ek was nie heeltemal te wagte die
gemoedskommelinge wat my ingewag het nie. Toe ons uiteindelik na die
lang toiletry en soek na ons sitplek tot ruste kom, het haar man al
agter die mikrofoon gestaan. Baie waar dinge is daai dag gesê. Ek het
even ‘n gebed gedoen om elke negatiewe gedagte oor Greta gevange te neem
en in gehoorsaamheid te bring aan Christus (soos Kor 10:5) sê. Ek kon
dus nie heeltemal die swarigheid in my gemoed verstaan toe ek tuiskom
nie. Later het ek selfs apaties geraak en was lus vir niemand. Teen die
2de dag gaan sit ek by die Here. “Wat’s fout met my?” vra ek.
Ondersoek jou hart, kom ‘n gedagte. Ek gaan sit en gaan deur die
afgelope dae. My gedagtes is terug by die Worthy Women Conference.
Ek het nie gehou van die baie mense bymekaar nie. Aanbid die mense haar?
Ek
het nie gehou van die ekstensiewe bemarking van die moontlike geldmaak
geleenthede nie.
Ek het nie gehou van die klere te koop by die koffiewinkel nie. Moet
geld altyd so groot rol speel in alles? Here, wat dink u van al hierdie
gedagtes? Nou ja, meer duidelike antwoord kon ek seker nie gevra het nie.
Ten eerste: Niemand kan hom-/haarself aanstel nie, bevordering kom van
die Here. Ten tweede, as die Here ‘n deur vir jou oopmaak kan geen mens
dit toemaak nie. Ten derde, as jy iets fout sien of voel, bid. Vierdens,
jy oordeel volgens haar dade en verwag dat jy geoordeel word volgens jou
intensies. En laastens: alle vorme van kritiek beperk die Heilige Gees.
Wow, ek bely my kritiese gedagtes en bid vir haar en haar span vir
wysheid – ook om hierdie tipe kritiek en gadagtes te hanteer. My hart
raak lig en ek beleef hoe my gesindheid teenoor diegene om my weer
normaliseer.
Voorsiening, wat jy nodig het wanneer jy dit nodig het…
Dis
tyd om te vertrek. Ek is nog nie seker waarheen, maar ek weet Riaan
sorteer dit uit. Ons ruim op. Vir oulaas word Karien genooi vir ‘n speel.
Ons Krugersdorp pelle (die Agenbags) gaan weg vir die naweek en nooi ons
uit om in hul huis te kom bly, min wetend dat ons staanplek op
Buffelspoort by die ATKV Oord eers van die Maandag af beskikbaar is. So
val alles in plek. Ek en Riaan gaan stap, “Mens sal nooit nie
blyplek hê nie” sê ek vir Riaan. Hy lag. “Wat, raak ek nou te
braaf?” vra ek, “Nee, dis darem ‘n ander deuntjie as wat jy so
jaar of wat gelede gesing het” antwoord hy. Ja, ek onthou daai tyd.
My denke is vir altyd verander.
Let us enter boldly to the throne of grace to receive what we need when
we need it…
 |