![]()
Riaan's Blog All the good about South Africans
|
Advertensie: Theuns se vrou, Elana, bedryf ‘n pragtige gastehuis reg in die middel van Bonnievale - Telno. 082 4787 555. Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za (sien sy Bizsearch-advertensie op die tuisblad), werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
Ermelo:
Oudthoorn & George:
ONS REIS DEUR PORT ELIZABETH: MEI 2012: EK BESOEK MY LAERSKOOL PARK IN NOORDEINDE
"Ons is nerens veilig nie, maar God se genade is ORAL! Eer aan Hom" _________________________________________________________ Ons ry deur Robertson se strate om darem so ‘n gevoel vir die dorp te kry, en proe later wyn by die Graham Beck landgoed. Ek ontmoet Debbie Weels wat die wynproe baie professioneel en ingelig hanteer. Ek noem aan haar dat sy indrukwekkend is. meer info Op Ashton besoek ons Route 62 Platform vir middagete. Ons stop doelbewus, want gewoonlik ry ons maar deur na Montagu of Robertson. Ons belewenis is egter baie positief – die kos en geselskap met die bestuurder/eienaar. Die storie oor die lokomotief voor Route 62 Platform het die kinders beïndruk. Sien die foto’s. Hoe stop Ashton se mense die “deurryers”?
|
|
|
24 – 26 Maart 2012 In Montagu bly ons een aand by Cuano Caves in ‘n tenthuis (Yolande, selno. 084 5534 187) so 6km buite Montagu oppad na Barrydale. Vlêrmuise in die grotte, klomp diere en visse, en die lieflikste verhitte swembaddens. Die eienaars het iets besonders aangepak en is reeds so 5 jaar daar.
Oppad na Robertson stop ons by die ou Engelse Fort tussen Montagu en Ashton wat in 1899 gebou is. Ons bou ‘n altar en bid sommer lekker saam. Riaan stel baie belang in die oorlogstories – die stories tussen Boer en Brit nogal… |
||
|
BONNIEVALE, ASHTON & ROBERTSON WYNROETE 24-26 Maart 2012 Ons verlaat Bonnievale op Saterdag 24 Maart en mik vir Montagu. Oppad proe ons wyn op die besonderse mooi wynroete tussen Bonnievale en Ashton. Ons besoek die bekende De Wetshof. meer info
|
||
|
Die 23 swart begunstigdes bewerk hul eie grond en wingerd. Later sal hulle, hul eie wyn maak en bemark. Suid-Afrikaners kan saamwerk! South Africans do good. www.sadogood.co.za
Bo is die stuk grond van die Bonnievale Workers Empowerment Trust. Ons was daar sonder om te vertel wat ons doen en wie ons is. Die begunstigdes se oë blink as gepraat word oor die toekoms. Dis nie meer net ‘n droom nie – dis ‘n werklikheid. Almal werk al lankal saam ……… |
||
|
Riaan in Bonnievale
Ons kamp 4 aande met ons Infanta langs die Breederivier by Breede River Lodge. Ons ontmoet Roelf en Eric, die 2 opsigters/bestuurders, asook Mona, die skoonmaker/algemene werker van die kampterrein. Die oënskynlik eenvoudige mensie straal van die teenwoordigheid van ‘n opperwese in haar – ‘n toegewyde Christen na jare se sukkel en baie hartseer. Sy kom al singend in die opwaskamer in. Haar geur smeer af. Met haar toestemming publiseer ons binnekort haar storie. Riaan in Swellendam Ek het begin soek vir ons eerste kandidaat vir www.sadogood.co.za. Ek vra na iemand in Swellendam wat ‘n verskil maak. Ons ontmoet Herman Smit op 20 Maart 2012 in die dorp. Hy is van CAP (Community Action Partnership). Hy is ‘n vennoot. Hy is ‘n “life coach” en dit is sy passie omvaardighede oor te dra. Hy doen dit deur opleiding (byvoorbeeld die Community Development Worker kursus, en kursusse oor Konflikhantering en Kommunikasie). Hy gebruik ook sport en kos. Hy is ook betrokke by die gemeenskapspolisiëringsforum, jeugontwikkeling, bewusmaking van mense met gestremdhede, werk saam met plaaswerkers teen alkoholmisbruik, paksportprojekte aan... |
||