Contact Christo if you need
a good professional website
at affordable prices. You will receive the personal attention
you deserve.
more info:
christo1964@gmail.com
Christo van Lill,
ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van
www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies
voltyds aan die Droom en sadogood.

|
Riaan in Swellendam:
Ek het begin soek vir ons eerste
kandidaat vir
www.sadogood.co.za. Ek vra na iemand in Swellendam wat ‘n
verskil maak. Ons ontmoet Herman Smit op 20 Maart 2012 in die
dorp. Hy is van CAP (Community Action Partnership). Hy is ‘n
vennoot. Hy is ‘n “life coach” en dit is sy passie omvaardighede
oor te dra. Hy doen dit deur opleiding (byvoorbeeld die
Community Development Worker kursus, en kursusse oor
Konflikhantering en Kommunikasie). Hy gebruik ook sport en kos.
Hy is ook betrokke by die gemeenskapspolisiëringsforum,
jeugontwikkeling, bewusmaking van mense met gestremdhede, werk
saam met plaaswerkers teen alkoholmisbruik, paksportprojekte aan
(bv. ‘n Menseregte Sportdag en die CAP Development Cycling Team
bestaande uit 4 ryers), doen skole projekte saam met die WKOD,
deel brood en kos uit op georganiseerde wyse (byvoorbeeld die
Mod Centre voedselskema waar 120 kinders kospakkies kry in die
namiddae), ens. Van sy vennote sluit in die Wes-Kaap provinsiale
regering, SCORE, die Universiteit van Stellenbosch en kerke. Hy
is inklusief en nie eksklusief nie. Hy glo dit is die redding
van die land en ons mense. Ons moet saam verander en dit wel
doen in vennootskap.
Herman het al geleer om projekte vir Saterdae te beplan, dan
word die mens nie Vrydagaande so dronk nie. Dieselfde geld vir
projekte op Sondae, en so hou hy deelnemers weg van alkohol op
Saterdae. Hy fokus toenemend op vroue, omdat hulle meer empatie
het en met emosies te werk kan gaan om die gemeenskap en gesinne
te help, voed en te lei. Hy sou graag die alkoholprobleem wou
oplos, maar gee toe dit is ‘n geweldige groot problem –almal ly
daaronder: die mense self, kinders, werkgewers, en die
gemeenskap.
Hy wil sien dat die mens weer goed voel oor hom of haarself.
Waardigheid moet herstel word. Hoe doen mens dit? Kry ‘n doel of
projek en leef daarvoor. Dit verg egter vennootskappe en die
deel en oorgee van vaardighede. Saam vermag ons meer en kan ons
SA beter maak. Die miljoene mag nie uitgesluit bly nie.
Plaaswerkers: Hy dink aan iets soos ‘n “Farm Cup” vir
plaaswerkers tussen plase (sommer nasionaal) met ‘n sport soos
sokker (amper soos die Varsity Cup vir rugby tussen
universiteite). Hy het al verskeie vergaderings gehad met die 13
sokkerspanne op die dorp. Sy begeerte is om die spanne saam te
laat werk oor velde, tye, kompetisies, infrastruktuur, ens. Tans
is daar verdeeldheid tussen die rasse. Swart en bruin speel nie
lekker saam nie. Hy sien dit as geleentheid om gemeenskappedeur
sport nader aan mekaar te bring.
‘n Nuwe seisoen het aangebreek. Ons moet nie meer van “ons/hulle”
praat nie. Daar is ‘n nuwe “vibe” op die dorp. Mense gee en neem
meer en meer deel sonder om te kyk wat hulle daaruit kan kry (bv.
hul pak nie projekte aan met die hoop hulle word gesien, geluk
gewens, of met die doel dat die burgers vir hulle moet stem in
‘n verkiesing nie – dis mos selfsugtig en vals). Hul pak
projekte aan ongeag wie die krediet kry. Is daar dalk fout met
die politieke bestel op plaaslike vlak? Is die verpolitisering
van plaaslike owerheid die rede vir die swak dienslewering (ons
doen slegs goed as ons stemme daarby kan baat en kan verseker
ons behou die mag…)? Het die tyd aangebreek dat mense en
gemeenskappe dinge self doen ongeag wat die politici en hogere
amptenare doen (of nie doen nie, of nie kan doen nie)? Maak self
die sypaadjie mooi. Plant self ‘n boom voor jou huis. Tel self
die vullis op. Kliek hier vir CAP se projekte en hoe jy kan
bydra: www.capnpc.co.za. |