![]()
Riaan's Blog All the good about South Africans |
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Advertensie: Theuns se vrou, Elana, bedryf ‘n pragtige gastehuis reg in die middel van Bonnievale - Telno. 082 4787 555.
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
BONNIEVALE (20-24 Maart 2012) Ons kamp 4 aande met ons Infanta langs die Breederivier by Breede River Lodge. Ons ontmoet Roelf en Eric, die 2 opsigters/bestuurders, asook Mona, die skoonmaker/algemene werker van die kampterrein. Die oënskynlik eenvoudige mensie straal van die teenwoordigheid van ‘n opperwese in haar – ‘n toegewyde Christen na jare se sukkel en baie hartseer. Sy kom al singend in die opwaskamer in. Haar geur smeer af. Met haar toestemming publiseer ons binnekort haar storie. Droom saam Theuns Coetzee van Bonnievale Ons amptelike en lewendige kontak met die Droomprojek begin. Ons ontmoet Theuns Coetzee, die vader van die Droomprojek. Hy droom dat elke dorp self die dorp mooi maak, mense hul waardigheid ontdek, en dat die hele Suid-Afrika so opgehef word. Ons deel ons drome en planne. Droom en sadogood het talle raakpunte. Soos ons deur die land toer en dorpe raak, gaan ons elke dorp in met die vraag: “Wie hier maak of kan of wil ‘n verskil maak”. Kry ons iemand, registreer hy/sy/hulle die dorp by Droom. Lees alles oor Droom by www.sadogood.co.za – kliek op “Droom”, of gaan na Droom via die webblad van die bekende en gewilde radiostasie RSG by www.rsg.co.za en kliek op “Droom”. Probeer gerus ook www.sadogood.co.za/Dream.html. Theuns se e-pos theunscoetzee@gmail.com en selno. 082 417 8597. Hy is in vennootskap met RSG wat groot en geweldige blootstelling aan Droom gegee het tot nou.
Bonnievale Kelder Ek het in 2007 as prokureur gehelp met die oprig van die Bonnievale Workers Empowerment Trust wat die lede van die kelder opgerig het tot voordeel van die kelder se werknemers. Ek is op 21 Maart 2012 na die kelder in my kortbroek (so nie-prokureur) om die bevoordeeldes in aksie te sien – en ek het! Ek het vir niemand laat weet ek kom nie. Ek ontmoet vir Madelein Hartzenberg en Agnes Opperman – beide begunstigdes en bruin/kleurling vroue. Hulle werk in die wynproe-lokaal. Ons gesels oor die trust, eienaarskap, hul verantwoordelikhede en drome. Ons neem ‘n foto. Ek ry na hul eie plaas wat binnekort sy eie oes gaan lewer. Dis mos hoe dit moet wees. Son, SABC en Sunday Times gaan niks hieroor skryf nie, want op die oog af is dit nie nuus nie. Dis maar ‘n klompie boere wat ongeveer 22 permanente werknemers bemagtig en eienaars maak van hul eie plaas en oeste!! Dit wen nie stemme of ‘n politieke verkiesing nie. Hierdie mense maak egter Suid-Afrika. South Africans do good. sadogood. Meer oor die Bonnievale Workers Empowerment Trust: Die Trust se hoofdoel is om beleggings in landbouverwante besighede te maak om 'n jaarlikse positiewe kontantvloei te genereer. Die trustees moet dan besluit oor die jaarlikse aanwending van die fondse om die begunstigdes te bevoordeel. Die Trust se verdere doel is om fondse te bekom vir die verdere loopbaangerigte opleiding van die permanente personeel van Bonnievale Wynkelder (Koöperatief) Beperk, waar hierdie personeel uit die aangewese en voorheen benadeelde gemeenskappe afkomstig is. Die strewe is om ‘n wesenlike bydrae te maak tot die ekonomiese bemagtiging van, onder andere, die lojale werknemers van die Koöperasie. So word die werknemers bevoordeel vir hul bydrae tot die sukses van die besigheid deur die jare. Die skenker, trustees en begunstigdes verbind hulle tot die oogmerke van die “Broad Based Economic Empowerment” beleid en riglyne van die Suid-Afrikaanse regering. Alle partye wens dat die trust ‘n positiewe bydra sal maak tot ‘n beter Suid-Afrika vir almal. By Karin’s, ‘n koffewinkel, restaurant, gratis Wi-fi, en lekker warm atmosfeer reg in die hartjie van Bonnievale ontmoet ons nog ‘n plaaslike bruin/kleurling meisie as kelner – trots en kyk jou in die oë as sy praat. Tipies Suid-Afrikaans. Raak ons bederf met die wonderlike mense wat ons so maklik raakloop, begin ek wonder? Nee! Hulle is daar, en was nog altyd daar. Miljoene van hulle. Onthou, hierdie tipe mens leef en laat die lewe maar net gebeur. Hulle bemark hulself nie, en praat nie oor hulself ne. Huisgenoot, Son, SABC en Sunday Times sal hulle dus nie sommer raakloop nie, want hulle maak nie nuus nie. Hulle maak Suid-Afrika. South Africans do good. sadogood. |
|
|
||