![]()
Riaan's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Riaan at riaan@sadogood.co.za. Back to Riaan's Blog
|
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
Ek is Riaan de Lange. Ek en my gesin toer sedert Januarie 2012 deur die land. Ons besoek dorpe en stede en soek die mooi in Suid-Afrika se mense. Dit gaan dus nie soseer oor gebeurtenisse en besienswaardighede nie – ons soek mense – mense wat goed doen aan ander en aan ons land. En daar is baie! Besoek ons op www.sadogood.co.za vir meer detail. Lees die Blog’s en spesifiek ook die “link” na “DROOM”. Oudtshoorn & George
Tydens die ete sluit Lili Schoeman en Marieza van Zyl by ons aan. Lili verjaar en hulle 2 saam nog 5 mense kom ook op die plaas bly vir die naweek!? Lank gelede het Lili die wens uitgespreek dat as sy verjaar, sal sy dit op die plaas wil doen – en hier is sy! No problem. Water, krag, koffie, kos, skottelgoed, ens. maak nie saak nie. Ons kuier, eet, gesels en reis ... In die week kom eet Lizette en Lee-Ann saam ons; dan Leon en Dorethea; en dan Christof en Toppa. Pampoenkoekies, wildsboud, wyn, en lekker gesels.
Intussen het ek onbeperkte toegang tot Johan se kantoor waar ek kan werk, fakse stuur, e-posse en internet doen, en afdrukke maak. Hy (en sy personeel) soek niks vergoeding nie. Toe ek skelm probeer betaal sê die personeel hulle sal hul werk verloor as hul my laat betaal!!
Uiteindelik kon ek darem iets betaal vir Johan en Mindie toe ons hulle 2 kon uitvat vir ete op Vrydag 29 Junie – by Kookpot, nuwe restaurant. Ek betaal R950. Dis baie, maar watter prys heg ek aan hulle 2 se gasvryheid. Dis priceless! Toe ons ry op Maandag 2 Julie sing ek saggies en alleen in die huis “Let Your glory fill this house…” Dis my gebed vir hul huis en mense.
Water: Willie vertel van sy werk. Die detail en formules verstaan ek nie, want ek is nie wiskundig nie, maar strategies besef ek watter belangrike werk hy doen. Lanklaas het ek iemand gesien so opgewonde oor sy werk, en sy vrou is 100% agter hom (sy werk saam met hom). Hul ontwikkel assumulasies (formules en aannames in my taal) vir die spaar van miljoene liter water, en in die proses miljoene Rande vir kliënte. Die volgende wêreldoorlog is mos juis oor water – nie land, minerale of strategiese seeroetes nie… of hoe? Waar ander konsultante se modelle voorskryf dat die myne goedkoop water moet koop en opdam, sê Willie water in SA is skaars, bewaar dit, beplan myne se optimale gebruik oor ‘n periode van 15 of 20 jaar, moenie dat water opdam of oorloop of verdamp nie – en so word miljarde liters water jaarliks gespaar. Willie is regtig besorg oor water in SA. Op hierdie manier help hy nie net homself en kliënte nie, maar ook vir my en jou, en die hele SA. Ek luister aandagtig na Willie soos hy sy werk verduidelik en besef die man het nie een korrupte of gierige haar op sy kop nie. Wat jy sien is wat jy kry – ‘n man van integriteit. Suid-Afrika het baie sulke mense nodig, veral om met ons strategiese hulpbronne te werk. Suid-Afrika het wonderlike mense. |