![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
HOOFSTUK 14: Die geheime bestandeel Wie is die Heilige Gees? Wie het toegang tot Hom? Wat maak dat met sommige mense daar net ‘n atmosfeer heers, ‘n geur hang, ‘n aantrekkingskrag teenwoordig is? Ek reken in ons kinders van God se lewe seker die mees onbenutte geskenk. Los alles wat jy doen en soek Sy teenwoordigheid in jou lewe. Dit maak van ‘n gewone lewe iets baie spesiaals. Hy’s ‘n meester met jukke te verbreek, vasgebinde hande losmaak, tydsberekening, metodes, padvind, geskenke vind, oplossings bied. Hy’s ‘n geheime teenwoordigheid wat al die verskil maak. Die geheime bestandeel van my stirfry met Riaan se verjaarsdag spesiaal gemaak het was Chinese 5-spice. Dis nie maklik bekombaar nie. ‘n Speserywinkel in Roodepoort het aangedui dat dit gediscontinue is, soos hulle sê. Hier is die resep: Chinese 5-spice 1t Scwechen peper (ek het sommer gemaalde swart peper gebruik) 1 en ¼ t fyn ster anys 1t fyn fennel ½ t fyn kaneel ½ t witpeper Meng alles bymekaar en gebruik in Stirfry en Chow Mein na smaak. Onwillige soekers
Seeker sensitive ‘n Interessante iets anders wat ek raakgeloop het, so met die kerke se besoeke, is iets genaamd seeker sensitive gemeentes. Groot massa gemeentes wat nuwigheid in die dienste inbring, maar alles mooi uitgewerk het tot op die sekonde. Die dienste is dus baie aangenaam om by te woon en plaas niemand ooit in ‘n ongemaklike posisie nie, ten einde die soekendes nie weg te jaag met vreemde ervarings wat affronteer nie. Vir my as aanvanklike Gereformeerde, later Apostolies, later Charismaties en nou weet ek nie meer wat die denominasie sou wees nie, was hierdie belewenis nogal nuut. Ek was weer gekonfronteer met wat gebeur in my kop as ek nie saamstem met iets wat iemand anders doen nie. Dis Riaan wat my weer daarop gewys het, indien mens nie ruimte kan maak vir mense om dinge anders te doen nie, moet jy liewer nie besoek nie. Die stem van die beskuldiger
To give or not to give Dit bly maar altyd die issue, veral met die groeiende getal armes. Ek het al eenmaal toe iemand met ‘n pakkie hoender in Pick en Pay se gange sy sente tel en vra vir R5, ‘n noot in sy hand gedruk net om te sien hoe die pakkie hoender terug in die yskas gesit word, hy by die deur uitstap en by die drankwinkel instap. Die emosies van “jy help hom nou van die wal af in die sloot in” kasty jou binnewêreld totdat jy by die gemaklike punt kom van ek gee nie, want hulle drink dit uit. Die probleem is dat die skrifte oor hoe ons armes moet hanteer is oorvloedig en duidelik. As jy gee aan ‘n arme, leen jy aan die Here As iemand iets van jou vra, gee as dit in jou vermoë is om te gee Ek was dors en jy het nie vir my water gegee nie, ek was honger en jy het nie vir my brood gegee nie Werp jou brood op die water en na vele dae sal dit na jou toe terugkom Bakhand voor God Ek het lank gesukkel om die gedagte van “uit geloof is jy gered” behoorlik te verstaan. Aan die een kant moet niks doen om gered te word nie, aan die ander kant moet jy darem geloof hê en daardie geloof moet groot of sterk genoeg wees. Dan moet jy mos iets gee, maar dit was Ds Lukas van Struisbaai wat hierdie sakie klokhelder kom uitklaar het deur te verduidelik dat geloof is niks anders as jou vermoë om bakhand voor God te staan nie. Met die verstaan hiervan het die gedurige eie effort in my soeke na God verdwyn en die nederige, afhanklike, bedelaarsmentaliteit wat die deur oopgesluit tot God se uitreddende krag het gekom. Dis met die ervaring dat ek vir die eerste keer anders na bedelaars gekyk het. Ek weet ek kan nie vir almal gee nie, maar wanneer iemand my pad kruis en ek sien die leë bak hande voor my, dan sien ek myself voor God met leë bakhande… en dan gee ek maklik – en sonder vrae. Ek glo God het die persoon oor my pad gebring. Hoe min is R50 in Clearwater en hoe baie in die kollektebord…
|