![]()
Hanlie's Blog All the good about South Africans
|
|
Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za. |
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve. more info:
Christo van Lill, ons vennoot met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.
|
HOOFSTUK 12:
Ek moet leer om anders te dink My gedagte: Sal my kinders dit maak in die real world? Het ek hulle goed genoeg voorberei? Druk ek hul hard genoeg? Fokus ek op die regte metodes? Sy gedagte: The people who know their God will be strong and do many exploits. My gedagte: As ek maar net vroeër ontslae geraak het van my selfregverdiging, kritiek en oordeel, sou ek ‘n beter ma en vrou gewees het. Here dink nie aan my volgens die dade van my jeug nie, maar dink aan my volgens U goedheid. As ek net hard genoeg werk, lank genoeg bid, genoeg Bybel lees… Sy gedagte: Jou heil lê in terugkeer en rus. My gedagte: As ek maar net my mense kon oortuig het om die regte goed te doen. Sy gedagte: Jou krag lê in stilbly en vertrou. My gedagte: Ek voel ‘n mislukking. Sy gedagte: Salig is die arm van gees want aan hulle behoort die Koninkryk van God. Wis jou lysies uit… Ek word wakker gemaak deur ‘n kind in die nag. Ek neem aan hy’s bang en gaan lê by hom. Ek’s wakker en die matrassie maar nou. Effe ongemaklik bly die slaap my ontwyk. Daar lê ek en bedink die moontlike oorsake van my seun se nagtelike vrese. Ek veroordeel dadelik Riaan wat hulle meer scary flieks toelaat as wat ek sou. So spandeer ek die nag om my op te werk oor Riaan se “sondes” en beplan om dit een vir een met hom te bespreek. Die volgende oggend neem ek my dagstukkieboek en lees daardie dag s’n. Dit begin met die woorde: “I will remember their sins no more”.
U het die Lewe vir almal kom bring, waar’s myne? Ek droom daardie nag ek stap in ‘n restaurant in en daar is ‘n bordjie wat sê: “Tina se tips” Die restauranteienaar sê vir my Tina dring aan op wat haar toekom. God help my om die buitelyne van my beloofde land te ken, sodat ek dit in besit kan neem.
Hy gaan voor my uit en breek die grendels en hekke dat dit daar spat In plaas daarvan dat ek wonder of God met my ook sal praat, glo ek dat hy kenner is om met my te praat as wat ek is om Sy stem te hoor. Dring aan op God se uitkoms van Sy beloftes. Dring by jouself aan om Sy liefde te ontvang. Hy gee dit aan Sy geliefde in Sy slaap.
Die hoogtepunt van die jaar Die hoogtepunt van die jaar (vir die kinders veral) breek uiteindelik op 31 Julie 2012 aan. Om die hele Augustusmaand in Gauteng te wees, by die De Kock-gesin, ons vriende in Roodepoort, en die Agenbags, ons vriende in Krugersdorp. Ek het maar baie twyfel gehad oor hoe bly mens ‘n hele maand by vriende, hoe deel jy die kuiers op tussen die mense, hoe gemaak om nie in hulle skedule en program inbreuk te maak nie … alles verniet worries. Dis nou een ding wat ek die jaar geleer het. Wat ek ookal oor bekommerd was, dit werk elke keer uit en is nie nodig om oor te worry nie!!
Dis jou keuse
Ons girls het ‘n oggend uit. Ons eet kaaskoek en drink koffie en gesels oor waardevolle goed. Eers praat ons oor die grootste geskenk van God af nl: keuse en as jy dan ‘n keuse het kies na watter stem jy gaan luister. Die kelnerin kom nader met spyskaarte. My oog gaan na haar naamkaartjie CHOICE!
3 Aug 2012: Ons girls kies om van vandag af ons eie beste vriendin te wees. Genoeg van vir die stem luister wat jouself down-run. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, hoekom is dit vir ons vroue so moeilik? Ons sluit ‘n pakt, ek, Erna, Karien en Lisa: van hierdie dag af kies ons om gaaf met onsself te wees. Ek koop die Finesse van Augustus 2012. Daarin is die artikel: “Ek is nie perfek nie en dis ok! Wees sagter op jouself…” |