Hanlie's Blog  

                                                               All the good about South Africans

 

 

Contact Hanlie at hanlie@sadogood.co.za.

Back to Hanlie's Blog

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

more info:

 

christo1964@gmail.com

 

 

 

Christo van Lill, ons vennoot  met die sadogood-projek en ontwerper van www.sadogood.co.za werk tans daagliks en basies voltyds aan die Droom en sadogood.

 

 

 

 

 

 

 

HOOFSTUK 4: Hy sluimer of slaap nie

Onrusrivier 5-14 Maart 2012. Die eksamen het begin. Ons besluit toe sommer om die week by my broer-hulle te vertoef om die kinders onder dak te laat eksamen skryf. Ek het nie besef dat hierdie deel van die toer eintlik ‘n jarelange gebedsbeantwoording inhou nie. Dis nou al die grootste gedeelte van my 13 jarige se lewe wat ek bid vir ‘n manier om sy ekstra vetjies af te skud. Dit breek my hart as ek sien dat dat sy selfvertroue, vermoëns en gesondheid affekteer word deur verkeerde eetgewoontes-maar hoe stel ek dit reg?  My skoonsus het vasgestel sy het ‘n metabolisme B, wat ‘n spesifieke dieët vereis wat jou sonder moeite laat verslank! ‘n Deur skuif oop. My 13-jarige is geïnspireer. Na 7 weke het hy 7 kg verloor! 

Verlustig jou in My en Ek sal jou gee die begeertes van jou hart.

Die eksamen gaan goed. Ons kuier saam en maak seker dat ons harte teenoor mekaar skoon bly deur gereelde “sondebelydenis” en “vergifnis”. Ons kies om geen aanstoot te neem nie; ons het reeds te veel om met die hande te dra!

Hy laat my neerlê in groen weivelde

Die tweede week van die eksamen vanaf 15 tot 20 Maart spandeer ons op Swellendam, plaas van Simon Streicher. Wat ‘n heerlike belewenis. Tussen die eksamen-skryf en leer gaan kyk ons na die diere op ‘n nagwaak, bekyk die lammers, sien hoe die skape gescan word, en gedra ons behoorlik soos plaasjapies. Ons eet ons trommeldik aan turksvye en geniet die hartlikheid van die plattelanders.

Simon vra ons om aandag te gee aan die plaaswerkers se geestelike behoeftes. Ons nooi hul oor en gesels openhartig dat ‘n mens die Here kan dien met niks. Met ‘n vraag oor hoe hul harte met die Here staan ruk die antwoord van “Ag ons probeer maar” ons, wetend hoe ontwykend die onverdiendheid van die genade kan wees. Hoe ons mentaliteit is om te betaal vir wat ons kry en nie iets verniet kan ontvang nie. Dis sleg as die leegheid bly knaag en dan prober ons om die leemte, die dors te vul met iets wat net nooit genoeg kan wees nie. Ek raak meer bewus van die realiteit van die alkoholverslawing, veral onder die plaaswerkers.

 

Die groot dors

Ek huil oor mense se seer

Egskeidings

Gebroke verhoudings

Verwerping

Ouers wat nie hul kinders verstaan nie

Honger harte wat smag na ‘is ek ok?’

Ek huil oor mense wat dors is

En wat die dors nie geles kry nie

Ek huil oor 1 vrou wat 4 bottels kan uitdrink

Die merke daarvan wys.

Ek dink aan die vrou by die put

As jy weet wie hier by jou staan sal jy vra

En Hy sal jou gee Lewende water

Wat jou nie weer sal laat dors word nie.

Maak nie saak wie jy is nie

 wedergebore of te not

As jy die Woord nie drink nie

is die dors nie gestil nie.

 

 

 

Hoe klop jou hart?

Ons ontmoet vir Herman Smit op Swellendam. Hier leer ek ook meer van Riaan se droom oor sadogood. Ek besef hierdie is Riaan se hartklop. Die draer van goeie nuus. Ek is bly vir die geleentheid wat hy het om dit na te jaag. Kan mens so onbevange vry doen wat jou hart sê sonder om aan gewone 8-5 ‘binne-aarsevoeding’ sisteme gekoppel te wees ?

 Do a miracle in my heart Lord.      Without your pure Love

 It’s just stays a good intention

Ons kamp 4 aande met ons Infanta langs die Breederivier by Breede River Lodge in Bonnievale.  Ons ontmoet Roelf en Eric, die 2 opsigters/bestuurders, asook Mona en Alet, die skoonmakers/algemene werkers van die kampterrein. Mona kom al singend in die opwaskamer in. Die oënskynlik eenvoudige mensie straal van die teenwoordigheid van  Lewende Water in haar – ‘n toegewyde Christen deur jare se sukkel en baie hartseer. Haar geur smeer af. 

Ek hoor van jarelange diens aan een polisieman en sy gesin na ‘n ander. Dan word haar man siek. Sy los alles om haar man te versorg tot sy dood. Na haar man se dood gaan dit broekskeur. Haar optelkind vra haar “mammie, is daar dan niks om te eet nie?” Sy vertel haar van die voeltjies wat nie opgaar nie, wat nie werk nie en tog sorg hul hemelse Vader vir hul. Sy vertel hoe hul Sy Naam groot maak tot die hongerpyne stil word. Daardie nag word sy wakker en worstel met bitterheid en die donker wolk van niks hê wat haar wil verswelg. Sy roep Hom aan en stort haar hart voor Hom uit tot sy rus kry by die gedagte “om elke donker wolk is ‘n silwer randjie”. Die volgende oggend toe sy wakker word, staan haar huidige werkgewer se bakkie voor haar huis se deur om te vra of sy nie kan kom help by die kampterrein nie. Die afgelope 4 jaar het sy daar gewerk met ‘n lied in haar hart, asof dit haar eie plek is.  

Ek droog die trane af en besef, Sy Koninkryk het hier gebeur. Laat Sy Koninkryk kom.

Back to Hanlie's Blog