|
|
|
Kirkwoord All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info: |
26 Junie 2012 Dagsê almal!! Ons is vreeslik trots en dankbaar wat vermag is by Rietberg Skool!!! `n GROOT dankie aan Korrektiewe Dienste, Sonja en `n paar van haar Sonsitrus werkers, Wreford en `n paar van sy werkers en Prof Grebe en sy span!!! Nardus, jy is `n absolute engel, hoor!!! Moet sê, ons het die jolige klomp gevangenisse vreeslik geniet en ons hoop hulle kan gou weer kom help!! Die wat nog nie gesien het nie... kom kyk!!!!! Die terrein is mooi skoon; gras is gesny; die skool is aan die voor- en sykant geverf en `n paar gate en foute is reggemaak. Daar is nog `n lang lysie van wat nog gedoen moet word om die skool weer te laat pronk, maar een stappie op `n slag!! Prof Grebe en sy span, is ook hard besig om met die Hoof en onderwysers te werk om ook hulle kant te bring. Planne word gemaak om als in plek te kry; meer dissipline in die skool te kry en om die skool beter te onderhou. Die Hoof is geweldig dankbaar en hulle besef dat hulle hul kant sal moet bring en nie net die heeltyd kan terugsit en ontvang nie. Weeklikse vergaderings word ook gehou en daar is notules beskikbaar indien u sou belangstel om meer te weet. Net kortliks oor ander projekte by Rietberg skool waarmee ons tans besig is: Herwinningsprojek: Green Guardian het die skool besoek en dit is ideaal om `n `stasie` daar op te rig. Kinders vanaf 2 - 12 jaar gaan vir eers betrek word. Die `Swop-shop`, waar die kinders hulle `mullahs` sal kan omruil vir iets uit die winkel, sal ook op die terrein wees. `n Paar van die Dromers beplan om Jeffreysbaai te besoek om te sien hoe hulle te werk gaan om die herwinningsprojek `n sukses van te maak. Ons hoop om dan na die skoolvakansie volstoom aan die werk te spring. Terrein van die skool: Annemarie en Robyn is op `n missie om te begin tuinmaak!!! Ek weet Elsa gaan ook `n paar bome plant na die Wildsfees en dan handjie bysit met die tuinmaak. ASSEBLIEF, dit is waar ons julle hulp gaan nodig hê!!! Ons is opsoek na klippe, plante,steggies,aalwyne,broodbome of wat-ookal inheems. Enige iets wat nie te veel aandag nodig het nie, GROOT ASSEBLIEF!!! Hulle beplan om môre (Woensdag 27/06) `n begin te maak en sal dan na die Wildsfees voortgaan. Indien jy wil kom help, raad gee of plante wil bring - dit sal BAIE welkom wees!! Aan die oudskoliere: die skool was ons almal se trots. Die skool kan WEER so lyk en ons moet net geduld hê met die groot opvoedingstaak wat voorlê. Asseblief, kom help!! Dan ook `n groot dankie aan Addo se Tuinbou-klub vir die klomp plante wat hulle vir ons geskenk het! Ons sal dit beslis gebruik by Rietberg skool. Onthou ook om in julle dagboeke te skryf: 5 Julie kom Theuns Coetzee, van `Die Droom vir Bonnievale` en` Droom vir Suid Afrika`, vir ons kuier!!! Hy gaan `n praatjie lewer by Kirkwood Golf Klub om 19:00nm en heerlike sop en broodjies sal bedien word. Laat weet asseblief teen Maandag 2 Julie of julle dit sal kan bywoon. Ons belowe dit gaan `n gesellige aandjie wees! Hoop om gou van julle te hoor!!! Groete Ulrica
|