|
|
|
Kirkwood All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Groente en Tuin Kompetisie Ek het `n kruietuin gehad waarop ek bitter trots was. Ek het vir almal kruie aangedra en dit was beslis goedkoper as `n bos blomme, bottel wyn of `n potjie konfyt vir die gasvrou! Nou, in die daaglikse gejaag en maar min by die huis wees, het ek dič tuin gruwelik afgeskeep en die uiteinde: ek wil nie eens my gordyne oopmaak nie, want my gemoed en hart is direk gekoppel aan die wanorde en chaos in dič tuin! Net so ja! more info inskrywingsvorm/entry form: click here Masinga's Dream: We would like to present Masinga`s Dream for the Sundays River Valley. Please read his letter below. But, firstly: Masinga, we are very proud of you!! You are a wonderful example and we wish you all the best! We will support you all the way! Just go for it friend! more info
September 2012 Nuusbrief: Newsletter in English: Click here
Die besef het lankal tot ons deurgedring dat daar `n groot opvoedingstaak is wat vir ons voorlę; dat ons elkeen hande uit ons sakke moet haal en self aan die werk moet spring. Ons besef dat ons nie net kan terugsit, wag en kla oor die Munisipaliteit/die regering/jou buurman/of wie-ookal-se-skuld-dit-is, en wie-ookal-nie-hul werk doen nie, maar dat ons elkeen die verskil moet wees en `n voorbeeld moet stel; om die goeie saad te saai en te hoop en bid iewers ontkiem dit. Sover is die grootste uitdaging om nie moed te verloor nie en aan te hou probeer. As ons egter meer is wat hande vat sal ons soveel gouer `n gesonde en skoon gemeenskap word. Ons het begin met `n handjievol dromers in ons dorp en Vallei. more infoEeufeesprogram, 21-23 September 2012: klik hier 'n Paar nuwe projekte is aangepak wat insluit dat gate reeds gegrawe is om spekbome en Witysterhout bome te plant. Tierhoutbome is ook by Hoërskool Kirkwood aangeplant. Rietberg skool se dak is afgespuit, ou geute is met nuwes vervang en die binnehof en tuin is verfraai.
Nuusbrief: 7 Augustus 2012 Ons streef daarna om `n verskil te maak en om weer trots te wees op ons mooie dorp. Die besef het lankal tot ons deurgedring dat daar `n groot opvoedingstaak is wat vir ons voorlę; dat ons elkeen hande uit ons sakke moet haal en self aan die werk moet spring. Ons besef dat ons nie net kan terugsit, wag en kla oor die Munisipaliteit/die regering/jou buurman/of wie-ookal-se-skuld-dit-is, en wie-ookal-nie-hul werk doen nie, maar dat ons elkeen die verskil moet wees en `n voorbeeld moet stel; om die goeie saad te saai en te hoop en bid iewers ontkiem dit. more info
Sportveld Moses Mabida woongebied:
Before:
After: fotos oppad...
Elizabeth in haar groentetuin in Aqua Park woongebied. Sy is so trots op haar tuin! Meer info volg ... ___________________________________________________
Kirkwoord Droom Nuusbrief van 26 Junie 2012 klik hier ______________________________________________
|
|
Rietbergskool Kirkwood is dankbaar teenoor Me. Gcakasi, Mnr Chubana, Mnr Puwani wat dit goedgekeur het dat die gevangenisse kan kom help en vir hulle positiewe gesindheid. Nardus Pienaar vir sy inisiatief, organisering, raad, sy passie om te help waar kan en vir sy hart van goud!! Die terrein spanne onder leiding van Michael Erasmus, Morne Fourie, Johan Vogel, Claud Stout, Bouts Botha, Keifer du Plessis en Wagenaar. Johan Gerber vir sy raad en hulp. Ons wil ook graag vir
Sonja Brummer, wie se hart swaar lę by Rietbergskool, en die werkers van
Sonsitrus wat die gras gesny het by Rietberg skool bedank (sien fotos).
Hulle ondersteun ook ons Droomprojek. 'n GROOT dankie aan Prof. Randal
Grebe, Viv England en Brian Walters van OTES (Organizational
Transformation and Educational Services ). Hulle werk nou saam met vele
skole in ons omgewing. Was dit nie vir Prof Grebe nie, het ons nooit
sover gekom met Rietberg skool se skoonmaak nie hy is omtrent `n goeie,
geduldige bemiddelaar. Sy raad, leiding en positiewe uitkyk help ons
ongelooflik baie en ons waardeer hom opreg! (klik op fotos om groter te maak): Opmerking: Is dit nie wonderlik hoe enige iemand deel van die die Droom kan wees nie.
Eendag op `n reëndag Ulrica se dierbare baas, Wreford Hudson, wat met sy JCB die onaardige stompe voor die skool uitgestoot het en bietjie gelyk gemaak het. Hy was so gaaf om ook te sę dat 'n paar manne daardie oggend kon gaan help.
(Klik op fotos om groter te maak)
|
|
|
Ons kan met trots sę dat Kirkwood Round
Table en die Boerevereninging van dag 1 hul volle vertroue in ons
Droom-projek geplaas het. Ons was skaars op die been en hulle het sonder
om te twyfel elkeen `n ruim donasie aan ons geskenk. Ons is BAIE
dankbaar daarvoor!!
Ons eerste groot projek wat ons aangepak en suksesvol afgehandel het, is die plant van 214 Witysterhoutbome buite die dorp verby ons Sitrus Maatskappy (SRCC ). Ons moes ook natuurlik `n stewige en netjiese heining laat opsit om die rondloper vee en kwaaddoeners buite te hou. Die res van die bome gaan ons by skole, kleuterskole, in woongebiede, in die dorp self, kerke en klinieke plant. Ons het darem reeds daarmee begin - 40 bome is reeds geplant in die Bergsig woongebied en hoop om binne die volgende week of twee die res te gaan plant. Ulrica en Elsa |
|
|
Ons wil sommer baie dankie sę aan Flippie
Ehlers, vir die maak van die gate; vir Pieter Nortje, wat die
draadmakers vanaf Willowmore gereel en gefinansier het; Grown4U vir
hulle ruim donasie waarmee ons heelwat materiaal vir die heining kon
aankoop. `n Spesiale dankie aan personeel en werkers van SRCC
Kirkwood!! Wat sal ons sonder julle maak!! Het lanklaas soveel
entoesiasme gesien die werkers is skoon trots om die vullisdromme
langs die pad leeg te maak en die boompies water te gee. Dankie vir al
julle raad, ondersteuning en ook vir die groot skenking van kompos vir
die boompies en al die harde, hande arbeid ons sou dit nie so
suksesvol sonder julle kon doen nie!!! Ons waardeer julle opreg!!
Die mense, leiers, skole, kinders, organisasies, ens. van Kirkwood aan die werk:
(klik op fotos om groter te maak) |
|
|
Boomplant-projek:
Aan alle mense van Kirkwood: Ons wil graag`n beroep doen op elke inwoner, boer, winkeleienaar, huurder om betrokke te raak en om inisiatief te neem. Ons sien al klaar hoe `n verskil maak dit as elkeen sy (of sy hardkoppige buurman) se gras voor/langs/oorkant sny; rommel in slote/voor winkels optel; lanings skoon en netjies hou. Dit is so aansteeklik en die res van die gemeenskap sal volg op ons voorbeeld!!! Kontak ons gerus! Groete Ulrica |
|
|
Jeanette Pretorius is die dryfveer agter die verfraaiing van die hospitaal
|
|
|
Prins die donkie was ons kind - sy gees was gebreek en dit het klomp liefde en aandag geverg om hom weer reg te kry. Tot die werkers was versot op hom en dit was nooit nodig om vir hulle te sę om kos en water vir hom te gee nie - wanneer ek daar kom, is dit reeds gedoen - was so trots! Ons moes hom op die ou end laat uitsit, want hy het ernstig siek geraak en ons sou dit nie kon bekostig het nie. Ons het gehoop op `n sukses storie en ons moed was vir `n ruk gebreek. Dis waar wat die veearts toe vir my gesę het - die probleem is groter as ons. Ons moet net aanhou probeer. Klik op fotos om groter te maak: |
|