|
|
|
Potchefstroom All the good about South Africans
|
|
Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.
more info:
To advertise on this website
|
Maak skoonmaak ‘n gewoonte (berig in Herald) 2012/07/24 01:00:00 AMDie skoonmaakprojek van die Potch-Tlokwe Sakekamer wat op Madiba-dag plaasgevind het verdien ondersteuning van die gemeenskap. Hoewel dit teen druktyd van die koerant nog nie bekend was presies hoe suksesvol dit was nie, is dit ‘n projek wat hopelik die begin is van nog baie. Dit moenie net een keer per jaar plaasvind nie. Daardeur sê ons nie dat die sakekamer dit net een keer per jaar gaan doen nie. Inteendeel, hulle het ‘n ander projek verlede week bekend gestel waarby werk geskep gaan word en waar deurentyd vullis opgetel gaan word. Waentjies is reeds vir die doel gebou. Wat bedoel word, is dat Potchefstromers in die gewoonte kom om hulle skoon te maak. In die verlede was daar verskeie opmerkings deur middel van SMS-boodskappe en briewe van inwoners dat hulle nie kan insien waarom hulle vullis moet optel of byvoorbeeld die gras op hul sypaadjies sny nie. Daarvoor betaal hulle belasting en die munisipaliteit behoort dit te doen, is die argument. Dit is ‘n geldige argument, maar in praktyk werk dit nie. Selfs in die beste van tye gaan dit in mens se eie belang wees om nie te sit en wag dat iemand anders dit om jou mooi maak nie. As jy dit doen gaan die resultaat teleurstellend wees, want altoos word vinniger gemors as wat daar skoongemaak word. En dit is nie noodwendig die munisipaliteit se skuld nie. Hulle kan nie altyd oral wees om skoon te maak nie. Dit moet natuurlik nie maak dat die munisipaliteit nou terugsit en net ‘n toeskouer word nie. Deur hulle by die projek te betrek word hulle deel van die oplossing vir ‘n skoner Potchefstroom. Die inisiatief om die projek op Madiba-dag te doen het van die sakekamer gekom. Reeds voor dit het die sakekamer ook ‘n paar parke aangeneem om te help versorg en voorverlede week het ons gesien hoe ‘n sakeman op sy eie met ‘n skoonmaakprojek begin het en die goeie reaksie wat hy gekry het op ‘n versoek dat ander hiervan deel kan word. Uiteindelik gaan die stad al baie skoner wees as elkeen net voor sy eie plek skoonmaak. Maar dan moet mens dit so gereeld doen dat dit ‘n gewoonte word. Wil darem net se jy is 'n inspirasie vir enige ou wat iets wil doen .Ek is self 'n pastoor by 'n klein gemeente in Potchefstroom. Ek het ook onlangs begin met 'n projek om ons kerk en pastorie op te knap, en besef self hoe traag meeste mense is om te help. Al bly ek nie in jou dorp nie is ek skoon lus om ons onmiddelike omgewing te omskep. Sterkte Cassie Esterhuizen Cassie cassieesterhuizen@gmail.com |