Potchefstroom

All the good about South Africans

 

BACK TO POTCHEFSTROOM

Contact Christo if you need a good professional website at affordable prices. You will receive the personal attention you deserve.

 

more info: 

christo1964@gmail.com

 

 

To advertise on this website

CLICK HERE

 

 

Ondersteun dié inisiatief  2012/06/08 01:00:00 AM

Die Potch-Tlokwe Sakekamer het sedert sy amp!telike stigting ‘n hele paar projekte geidentifiseer waarby hulle graag betrokke wil raak of inisieer.

Een van die projekte het te doen gehad met die voorkoms en netheid van die stad en Maandag het dit reeds vrugte gedra toe die stadsraad vier parke aan hulle oorhandig het. Die skoonhou daarvan sal die verantwoordelikheid van die sakekamer wees. Die stadsraad sal steeds die gras sny. Die sakekamer kan dit egter nie alleen doen nie en vra samewerking van die gemeenskap. Uiteraard sal hulp van die gemeenskap naby die betrokke parke die eerste prys wees. Die betrokke parke is die Gedenktuin (NG Kerk-Oos), Bremnerpark (Burgerstraat), Banketsale en Oewersig (Van Rooystraat). Almal, behalwe die Banketsale, is in of langs woongebiede geleë en dit sal dus in belang van inwoners van daardie gebiede wees om betrokke te raak om hul eie omgewing so netjies as moontlik te hou. Dit is ‘n geleentheid wat die wykskomitees gerus onder hul vlerk kan neem en sover bekend is ten minste een wykskomitee al hieroor ingelig en kyk seker reeds hoe hulle kan help.

Hierdie mooi idee, Adopt a Park, het egter twee kante. Die stadsraad het onderneem om steeds die gras te sny. Dikwels het daar weke omgegaan wat die gras nie gesny was nie. Die vraag is dus waarom hulle dit voortaan nou meer gereeld sal doen. Want doen hulle dit nie gaan dit nie veel help om die park skoon te hou as dit steeds met lang gras onversorg lyk nie. Hierdie onderneming van die sakekamer om die parke te help versorg vra dus ook dat die munisipaliteit hul deel doen.

Heelwat inwoners het in die verlede al ingespring om self gras op sypaadjies te sny en vullis op te tel. Uiteindelik het hulle dit vir hulself gedoen omdat hulle graag in ‘n mooi omgewing wil woon. In ‘n brief wat onlangs in een van ons buurdorpe se koerante verskyn het, die Klerksdorp Rekord, het een van hul inwoners Potchefstroom gekomplimenteer oor hoe skoon en netjies dit is.

Ons stem saam dat hy beslis nie oral in Potchefstroom was nie, maar ten minste het dit wat hy gesien het al beter as sy eie dorp gelyk.

Maak voor jou eie plek skoon en ondersteun hierdie inisiatief om eerder iets te doen as om net saam te kla.

 

BACK TO POTCHEFSTROOM